Wiktionary:Geselshoekie/Argief4

Nuttelose inskrywings wysig

Wat maak ons met inskrywings soos bopomofo? Kan ons dit maar skrap, of moet dit so gelaat word? Groete. Naudefj (kontak) 13:46, 2 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Geskrap. Dankie Jcwf!

Uitleg wysig

Die uitleg van inskrywings lyk vir my baie teenstrydig, en ek wil nie op groot maat data begin invoer alvorens dit nie uitgesorteer is nie. Is enige van die oorspronklike bydraers nog hier betrokke om raad te gee? As voorbeeld, dit lyk of sjablone wat opskrifte maak met 'n koppelteken begin, maar dit word nie konsekwent toegepas nie. Sien byvoorbeeld die verskil tussen 'n afkorting en 'n idioom by Wiktionary:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep. Groete. Naudefj (kontak) 09:30, 7 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Daar was (vyftien jaar geleë?) 'n baie ou (internasionale) konvensie om sjablone wat opskrifte maak met -dit- te begin en daar was in die begin afsprake om op alle wikti's dieselfde kodes te gebruik om bydraes van mense wat die plaaslike voertaal nie spreek nie te help om woorde uit hulle eie taal by te dra. Ongelukkig kry mens probleme met sjablone soos -ant- omdat "ant" ook 'n iso-kode van 'n bestaande taal is. Taalkodes is daarom verander van -af- na =af=. Baie wikti's het nogtans hierdie afsprake verlaat en kodes in hul eie taal ingevoer. Manie het dit hier (gedeeltelik?) ook gedoen met kodes soos -s.nw- pleks van -noun-. Ek het nie altyd met hom saamgestem nie, maar Afrikaans is nie my moedertaal nie. Indien jy die sisteem wil verander kan ek dit goed begryp, maar vergeet asseblief nie dat indien 'n kode verander word wat op 15000 bladsye gebruik word jy hierdie kode ook orals moet gaan aanpas. Anders het jy net die chaos vergroot en niks verbeter nie. Formaatveranderings is baie bewerkelik. 'n Bot kan dit beter doen as 'n menslike gebruiker.

Jcwf (kontak) 01:33, 17 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Dankie Jcwf, dit is presies wat ek wil doen. Die formaat moet net eers konsekwent vasstel (ooreengekom) word, dan kan ek my bot gebruik om die inskrywing gelykvormig by te werk.
Ek sal ook waardeer as jy na 'n paar van my Afrikaanse inskrywings kan kyk en raad kan gee. Ek voel nog baie onseker oor hoe inskrywing nou eintlik moet lyk en sukkel om op dreef te kom.
Ek is ook bekommerd oor die gebrek aan bydraers hier. Die dokumentasie het aandag nodig en ons moet invoer-hulpmidelle beskikbaar maak (soos op ander wikti's) wat mense deur die proses kan lei. Dit het egter admin-regte nodig, waarvoor ek dan ook aansoek gedoen het.
Groete. Naudefj (kontak) 05:25, 17 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]
Ek het jou aansoek gesteun. Die gebrek aan bydraers is chronies. Manie en ek is die enigste een wat konsekwent bygedra het. Daarna het dit nul geword. Baie klein tale het dieselfde probleem en talle wikti's het gesterf. Ek was lank ook die enigste bydraer op nl.wikti gewees, maar dit draai nou ook sonder my. Eintlik is dit 'n bietjie wonderlik. Jcwf (kontak) 15:37, 17 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]
Baie dankie vir jou ondersteuning en wel gedaan met die Nederlandse wiktionary! Weet jy of iemand my versoek sal kan goedkeur? Indien nie, hoe maak mens dan? Groete. Naudefj (kontak) 19:24, 17 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]
Ek dink jy moet op meta 'n aansoek doen. Sal kyk. Jcwf (kontak) 19:32, 17 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Voorstelle wysig

Eienskappe wysig

Die Russiese wikti het 'n onderdeel Морфологические и синтаксические свойства: morfologiese en sintaktiese eienskappe waar byv. inligtings oor die woordgeslag, die lettergrepe (of eintlik: die woordafbreking) saamgevat word. Ek dink ons kan beter 'n hofie "Eienskappe" invoer pleks van die -m-, -f- en -n- hofies, omdat dit algemener is. Byv. vir Xhosa kan dit die klasse bevat en vir goeter soos "uitkyk" die skeibaarheid of die voorvoegsels soos uit- of be- ens. Jcwf (kontak) 16:01, 20 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Dit maak sin. Ek dink ons moet dit probeer. Naudefj (kontak) 08:38, 22 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Oorbodige taalhofies wysig

Indien 'n woord in 'n taal meer as een funksie het, soos bv. "twee" wat 'n telwoord en 'n selfstandige naamwoord is, het Manie die taalhofie -af- herhaal. Dit is in wikti's nie gebruiklik nie. Ek stel voor om dit nie meer te doen nie. Jcwf (kontak) 23:32, 21 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Die probleem is dat ons opskrifte 'n twee-vlak hiërargie volg. Ons sal dit eers na drie vlakke moet uitbrei, anders is dit baie moeilik om tussen die woordsoorte te onderskei. Naudefj (kontak) 08:38, 22 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]
Dit is nie moeilik nie. Ek het 'n paar verander om die bladsy twee 'n nuwe formaat te gee. Die enigste probleem is die posisie van die uitspraakopskrif. Ek het dit nou bo die -b.nw- gesit. Jcwf (kontak) 14:50, 22 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]
Dit lyk goed. Ons sal net die volgorde van sjablone êrens moet dokumenteer, dan kan ek dit met my bot probeer herrangskik. Moet ons Tagalog ook aanpas? Groete. Naudefj (kontak) 16:12, 22 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]
Om die vlak-hierargie sigbaar te maak het ek die ikoon vir -telwd- vergroot na 35 en vir betekenisse verklein na 25 en 'n bietje laat inspring. Sien negentigste vir resultaat. Jcwf (kontak) 15:34, 24 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]
Dis lyk goed. Dankie. Naudefj (kontak) 19:29, 24 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Lettergrepe wysig

In tale soos Nederlands en Russies word nie alle taalkundige lettergrepe as geldige afbreekgrense beskou nie. 'n Woord as overbodig mag net as over•bo•dig afgebreek word. Sien. ru.wikt gebruik verskillene simbole en kleure om dit aan te gee. Sien die laaste я. Ek stel voor:

  1. om te besluit hoe ons dit wil weergee
  2. 'n sjabloon te skep waar ons dit eenduidig en eenvoudig kan doen.

Jcwf (kontak) 23:32, 21 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Ek vermoed dit geld vir Afrikaans ook, maar weet nie hoe ons dit gaan implementeer nie. Naudefj (kontak) 08:38, 22 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Voorbeeldsinne wysig

Voorbeeldsinne die om 'n bepaalde betekenis / definisie van 'n woord te ondersteun, te illustreer, te verduidelik. Dit dien ook om mense wat 'n taal leer te help. (Ons het op nl.wikt daaroor baie positiewe terugvoer gekry!) Jcwf (kontak) 23:32, 21 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Manie het die betekenisse en voorbeeldsinne geskei en dit maak dit moeiliker om die verband met die betekenisdefinisie te lê, veral indien daar meer as een betekenis is. Mens moet dan met nummertjies gaan werk en dit gaan vinnig stukkend indien inligtings toegevoeg word wat die volgorde verander. Hiermee is slegte ervarings.

Ek stel voor om die hofie "voorbeeldsinne" te skrap en die voorbeeldsin direk onder die definisie te plaas Jcwf (kontak) 23:32, 21 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Ek sien beide word hier gebruik: Tagalog en Tagalog. Dit sal egter nie maklik wees om van eersgenoemde ontslae te raak nie. Naudefj (kontak) 08:38, 22 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Vertalings wysig

Indien daar meer as een betekenis is, is nommertjies 'n slegte oplossing omdat dit vinnig stukkend gaan. Dit is beter 'n eie vertaalblok vir ieder betekenis te hê en 'n kort herhaling van die definisie te gee. Kan ons "collapsble" gebruik hier? Vertaalblokke kan uiters lank word.

Dit is ook waarom ek dink dat net die Afrikaanse woorde 'n vertaalblok gehoort te hê en nie die ander tale nie. Dit is ook gebruiklik op ander wikti's. Jcwf (kontak) 23:32, 21 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Dit maak sin. Ek sal kyk of ek later hiermee kan help. Naudefj (kontak) 08:38, 22 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

wysig

 
Die nuwe ontwerp

Die meeste wiktionaries gebruik 'n nuwe kenteken, maar ons gebruik nog die ou ontwerp. Ek het die nuwe ontwerp aangepas en opgelaai, maar ons moet eers konsensus bepaal alvorens dit geïmplementeer kan word. Stem asb. hier onder vír of téén die implementering daarvan.

  Ondersteun --Naudefj (kontak) 08:21, 22 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

  Ondersteun --Aliwal2012 06:39, 23 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

  Ondersteun --Oesjaar (kontak) 06:54, 23 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

  Ondersteun --Martinvl (kontak) 08:00, 23 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

  Ondersteun -- Winstonza (kontak) 08:28, 23 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

  Ondersteun -- Jcwf (kontak) 13:07, 23 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

  Ondersteun -- SpesBona (kontak) 13:55, 23 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

  Ondersteun --Slashme (kontak) 20:28, 23 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

  Kommentaar: Versoek vir implementering is by https://phabricator.wikimedia.org/T178824 Groete. Naudefj (kontak) 11:14, 28 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

En daar vat hy :-) Groete. Naudefj (kontak) 19:16, 30 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Woord van die dag wysig

Ek het my "woord van die dag"-sjablone van nl.wikt oorgeneem en 'n bietjie aangepas. Dit staan nou op die tuisblad maar mooi is anders. Die lys met woorde is net tot 2 Nov met Afrikaanse woorde bygewerk. Jcwf (kontak)

Dit werk goed, baie dankie! Mens kan dit later bywerk om bietjie meer inligting te vertoon, soos hier. Groete. Naudefj (kontak) 11:17, 28 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Aanstuur wysig

Ek sien by Wikisintaks is daar 'n punt ná die woord AANSTUUR i.p.v. 'n spasie. Winstonza (kontak) 21:19, 31 Oktober 2017 (UTC)[antwoord]

Ja, ek moet nog MediaWiki:Gadget-charinsert.js regmaak. Die probleem is dat die kode normaalweg 'n punt as 'n spasie interpreteer, maar ek moes dit verander omdat sommige sjablone hier wel punte in het. Groete. Naudefj (kontak) 03:51, 1 November 2017 (UTC)[antwoord]
Aansture werk nie goed in wiktionary nie omdat wat in die een taal 'n aanstuur kan wees, dit in 'n ander taal beslis nie is nie en woorde uit verskeie tale op dieselfde bladsy beskryf word. Ek het jou aanstuur op gebruik om dit te illustreer, Frank. Ekskuus daarvoor, maar in Iers is "ná" nie dieselfde woord as "na" nie. En "nà" is een Viëtnamese woord en 'n Chinese Romanisasie wat verskil van nā, ná en nă vanwege die vier tone wat hierdie taal besit. Dit is eintlik die funksie van die sjabloon Tagalog om hierdie verskillende bladsye aan mekaar te skakel. Die vraag is wat die status van na en ná in Afrikaans is. Word dit as een woord beskou dan kan dalk op die bladsy een kort verwysing geplaas word. Word dit as verskillende woorde beskou dan kan op daai bladsy 'n aparte lemma kom. Nederlands het hierdie selfde probleme met vóór en één.

Deelwoorde wysig

Deelwoorde is moeilik om te beskryf. Dis is reeds in Nederlands so. Dit lyk of Conradie hierdie goeters in Afrikaans ondersoek het sien Jcwf (kontak) 15:32, 3 November 2017 (UTC)[antwoord]

Hoofletters wysig

Ek sien as 'n mens iets wat met 'n hoofletter begin (soos Subatomiese deeltjie) 'n skakel maak, erken dit nie die woord met die kleinletter (subatomiese deeltjie) nie. Is dit normaal of doen ek iets verkeerd? Winstonza (kontak) 16:10, 3 November 2017 (UTC)[antwoord]

Nee, dit is normaal en dit werk anders as op wikipedia. Die regte spelling is mos "subatomiese deeltjie", nie "Subatomiese deeltjie" nie. Daarom is automatiese verwysing hier uitgeskakel. Aansture is hier eintlik ook nie wenslik nie. Mense kry die verkeerde indruk indien hulle dink dat "Subatomiese deeltjie" die regte spelling is. Op die nl-wikti het ons aansture selfs heeltemal geban. Jcwf (kontak) 16:14, 3 November 2017 (UTC)[antwoord]
Soos ek verstaan begin woorde in woordeboeke nie met hoofletters nie (ek dink Latyn is dalk 'n uitsondering). Groete. Naudefj (kontak) 16:19, 3 November 2017 (UTC)[antwoord]
Ja, net woorde wat altyd met 'n hoofletter geskryf word, word met daai hoofletter weergegee. Dit geld bv. vir alle s.nw in Duits. Jcwf (kontak) 16:23, 3 November 2017 (UTC)[antwoord]
Hmm, dis nogal effens onprakties in Afrikaans, waar "'n" deur 'n hoofletter gevolg word aan die begin van 'n sin. Mens sal altyd 'n beskrywing anders moet bewoord. Winstonza (kontak) 09:40, 5 November 2017 (UTC)[antwoord]
Ek stem, dis lastig, maar dit blyk die geval op die ander Wiktionaries ook te wees. Groete. Naudefj (kontak) 09:44, 5 November 2017 (UTC)[antwoord]
Dis die enigste manier om die verskil tussen bv. afrikaans en Afrikaans weer te gee. Daar is tale waar taalname altyd met 'n hoofletter geskryf word, maar ook waar dit met onderkas gebeur. Daar is nogtans ook binne Afrikaans baie voorbeelde van woorde wat sowel as eienaam -met permanente hoofletter- as ook as selfstandige naamwoord -sonder- voorkom. In voorbeeldsinne kan mens die hoofletter aan begin van sin natuurlik wel toepas. Oor losse woorde is twee verskillende filosofieë. As mens bv. die Nederlandse werkwoord "slapen" beskryf, moet jy skakel na die Afrikaanse werkwoord "slaap". Op nl.wikt skakel ons gewoon na [[slaap]]. Die Franse pas die beginhoofletter toe en skryf [[slaap|Slaap]]. Dit is ortografies korrekter maar ook 'n bietjie misleidend. Mense kan daaruit opmaak dat die Afrikaanse woord ;n permanente hoofletter sou hê. Manie het hier die Franse konvensie ingevoer. Jcwf (kontak) 13:50, 5 November 2017 (UTC)[antwoord]
Ek voel net by ’n beskrywing moet ’n mens aan die begin ’n hoofletter gebruik, want jy gaan dit nie altyd kan vermy nie. By elektron wil ek dit bv. beskryf as "’n Subatomiese deeltjie bla bla bla". Ek dink tog ’n mens sal dit kan skryf as [[subatomiese deeltjie|Subatomiese deeltjie]]. Mense sal tog besef dis die begin van ’n beskrywing, of hoe? Winstonza (kontak) 14:22, 5 November 2017 (UTC)[antwoord]