Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  sluit aan   
(in bysin)   ... dat ek  aansluit 
Verlede Tyd  ek   het aangesluit        

  Woordafbreking

aan•sluit

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. 'n Lid van 'n groep of organisasie word.
  2. Mekaar opvolg; twee soortgelyke dinge wat by mekaar uitkom.
  3. Met 'n stelsel of netwerk verbind word.
  4. Saamstem met iets wat iemand sê.

     Voorbeeldsinne

  1. Hy gaan by die nuwe politieke party aansluit.
  2. Die Mosambiekstroom vloei suidwaarts deur die kanaal waar dit aansluit by 'n stroom vanaf die ooskus van Madagaskar om die Agulhasstroom te vorm.
  3. Hy sluit sy nuwe rekenaar op die netwerk aan.
  4. Ek wil by Jan aansluit, die projek vorder fluks.

     Vertalings

  Vertalings:    aansluit
Engels: join(en)
Nederlands: aansluiten(nl)