Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  anakronisme     anakronismes  

  Etimologie

Van Grieks: ana khrónon (verspreid oor tyd) met die agtervoegsel -isme.

  Woordafbreking

ana•kro•nis•me

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Iets wat nie heeltemal in sy tyd pas nie.
  2. Persoon of saak wat nie in die betrokke tydvak tuishoort nie.

     Voorbeeldsinne

Volgens 'n gewilde legende sou Nero 'n viool bespeel het terwyl Rome gebrand het, maar dit is 'n anakronisme, aangesien hierdie instrument eers 'n duisend jaar later uitgevind is.
Enige aanspraak dat lineêre algebra voor die einde van die 19de eeu aan wiskundiges bekend was, is onakkuraat, en 'n voorbeeld van die historiese fout van anakronisme.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: anachronism(en)
Nederlands: anachronisme(nl)