Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  antipon      

  Woordafbreking

anti•pon

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

Handelsnaam vir 'n verslankingsmiddel[1] wat veral in die 1930's bekend was.

     Voorbeeldsinne

In A.G. Visser se bekende gedig "Vet" (in Rose van herinnering) word die woord "antipon" deur middel van 'n kanttekening verklaar: "Handelsnaam van verslankingsmiddel". Dit blyk onmiddellik duidelik waarom hierdie verwysing noodsaaklik is: daarsonder gaan die humor in reël twee (sy gaan "antipon of spek" koop) heeltemal verlore.[2]

  Verwysings

  1. Woordeboek van die Afrikaanse Taal
  2. Van Tonder, Wessel Johannes Arnoldus: NP Van Wyk Louw as Literêre Kanttekenaar, Randse Afrikaanse Universiteit, 1985