Enkelvoud Meervoud
  argitek     argitekte  
Van Grieks, 'architektón', boumeester; 'n samestelling van 'archi', opper en 'tektón', bouer.
ar•gi•tek
(beroepe), (kuns), (boukunde) Iemand wat geboue en konstruksies ontwerp en die leiding tydens die bou daarvan neem.
Gerard Moerdyk was 'n Suid-Afrikaanse argitek wat die Voortrekkermonument en talle Afrikaanse kerke en ander openbare geboue ontwerp het.
  Vertalings:    argitek
Engels: architect(en)
Nederlands: architect(nl)