Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  ekologie     —  

  Etimologie

Van Grieks: oikos = huishouding + logos = diskoers of studie, dus letterlik "die studie van die huis".

  Woordafbreking

eko•lo•gie

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(wetenskap) (biologie) Die studie van organismes (plante en diere) in hul natuurlike omgewing, insluitend die verwantskappe en die wisselwerkinge tussen lewende organismes onderling, asook tussen die organismes en die omgewing waarin hulle aangetref word.

     Voorbeeldsinne

Kernbegrippe in ekologie is "verwantskap", "wisselwerking" en "omgewing" wat daarop dui dat 'n organisme nie in algehele isolasie kan leef nie.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: ecology(en)
Nederlands: ecologie(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor ekologie.