kakaoboom
- Samestelling van boom en kakao. Sedert 1596 of moontlik reeds 1550/70 is dit in Nederlands as cacao bekend. Via Spaans uit Nahuatl kakáwatl 'kakaoboon'. In samestellings verval in hierdie taal die slot -tl en in Spaans is die onjuiste gevolgtrekking gemaak dat die woord kakáwa sou wees en hulle het die Spaanse manlike uitgang -o daaraan geheg.[1]
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
kakaoboom | kakaobome |
- ka•kao•boom
- (plante), (landbou), Theobroma cacao 'n Immergroen boom wat inheems aan die noordelike deel van Suid-Amerika is en vanweë die vrugte se bone veral in Ghana verbou word
- Die vrugte van die kakaoboom is ruwe peule, wat 18 tot 30 cm lank word en aan 'n kort lootjie uit die tak of die stam van die boom groei.
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor kakaoboom.