kant
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
kant | kante |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
kantjie | kantjies |
- Die sy van 'n voorwerp; een van die helftes (sykant, syvlak).
- Rand van 'n voorwerp; waar twee vlakke teen 'n hoek met mekaar aansluit; smal sy; grens.
- Rigting van iets/iemand.
- Netjies maak; skoonmaak; opgeruim.
- Uitwis; uitroei; doodmaak.
- Fyn materiaal om klere af te rond; kunstige vlegwerk van linne, katoen of sy.
- 'n Vel papier het twee kante. Van watter kant af moet mens dit bekyk?
- Pasop, daardie kant van die mes is baie skerp. Die man spring van die kant van 'n gebou af.
- Watter kant toe moet ons ry? Die regte kant word op die bord aangedui.
- Maak jou kamer aan die kant.
- Die man het homself van kant gemaak.
- Die kant op die rok is netjies afgewerk.
- Jou kant bring (deel doen).
- Hou die blink kant bo (beste voet voorsit).
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | kant |
Verlede Tyd | ek | het gekant |
- Verset teenoor; opponeer.
- Kantel; skeeftrek.
- Ek is teen dit gekant. Die betoger kant hom teen die regering se vergrype.
- Die skuur kant na noord.
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
|