Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  kapitaal     kapitale  

  Woordafbreking

ka•pi•taal

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Groot bedrag; som geld wat iemand besit en waarop rente verdien word.
  2. Bedrag geld wat vir 'n onderneming of saak benodig word.
  3. Nie-geldelike bates (soos menslike of kulturele kapitaal).

     Voorbeeldsinne

  1. Die privaat besit van kapitaal oefen 'n belangrike invloed uit op die manier waarop hulpbronne in 'n vryemarkekonomie toegewys en aangewend word.
  2. Hoeveel kapitaal benodig ons om die onderneming van die grond af te kry?
  3. Die eerste vorm van erfenis is die erf van kulturele kapitaal (byvoorbeeld spraakstyl, hoër status van sosiale sirkels en estetiese voorkeure).

     Vertalings

  Vertalings:    kapitaal
Engels: capital(en)
Nederlands: kapitaal(nl)
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   kapitaal     kapitale      

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

Betreffende geld en besittings.

     Voorbeeldsinne

'n Aansienlike kapitale uitleg word benodig om besighede wat werksgeleenthede skep op die been te bring.

     Vertalings

  Vertalings:    kapitaal
Engels: capital(en)
Nederlands: kapitaal(nl)