Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  lyf     lywe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  lyfie     lyfies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Die fisieke liggaam van 'n dier of 'n mens.
  2. Die belangrikste gedeelte van iets.

     Voorbeeldsinne

  1. In die Griekse mitologie was Minotaurus ’n kreatuur met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man.
  2. 'n Goeie opstel bestaan uit die inleiding, gevolg deur die lyf en die slot.

     Spreekwoorde

«Te lyf gaan.»
Iemand fisies aanval.
«Lyf wegsteek»
Nie jou deel doen wanneer daar gewerk word nie.
«Skrik op die lyf jaag.»
Iemand bang maak.
«Hy het sy lyf vet gesmeer.»
Hom vir 'n pak slae regmaak.
«Sy het 'n kop op haar lyf
Sy is knap en baie slim.
«Dit het nie veel om die lyf nie.»
Karig en nie veel werd nie.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: body(en)
Nederlands: lijf(nl)