Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  sluk 
Verlede Tyd  ek   het gesluk        

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Die handeling van slik; kos of vloeistof van die mond deur die keel na die maag laat gaan.
  2. Iets moeilik aanvaar; nie op 'n belediging reageer nie; verdra.

     Voorbeeldsinne

  1. Hy sluk te veel vitamientablette.
  2. Sy moes maar die vernedering sluk.

     Spreekwoorde

’n Bitter pil om te sluk (moeilik om te verwerk).

     Vertalings

  Vertalings:    sluk
Engels: swallow(en)
Nederlands: slikken(nl)
Enkelvoud Meervoud
  sluk     slukke    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  slukkie     slukkies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

Hoeveel mens met en sluk wegsluk; 'n teug.

     Voorbeeldsinne

Die hond gee net een sluk en sy kos is op. Hy neem toe 'n slukkie wyn.

     Spreekwoorde

Dis al 'n hele sluk op die bottel (dit help baie).

     Vertalings

  Vertalings:    sluk
Engels: gulp(en), mouthful(en)
Nederlands: slok(nl)