Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  vloek 
Verlede Tyd  ek   het gevloek        

  Uitspraak

    
(lêer)

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Lelik praat; beledigende taal gebruik; vloekwoorde uiter; iemand verwens.
  2. Kontrasteer; nie bymekaar pas nie.

     Voorbeeldsinne

  1. Sies, jy vloek nes 'n matroos! Sy bly glimlag, maar vloek binnensmonds.
  2. Die rok se kleure vloek teen mekaar.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: curse(en), swear(en)
Nederlands: vloeken(nl)
Enkelvoud Meervoud
  vloek     vloeke  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Verwensing; bestraffing; 'n doelbewuste uitspraak om iemand te benadeel.
  2. Lasterlike uiting as iemand geskok, seergemaak of baie ontevrede is.

     Voorbeeldsinne

  1. Daar blyk 'n vloek op die verlate huis te wees.
  2. Hy sluk 'n liederlike vloek, draai om, en loop weg.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: curse(en), blasphemy(en)
Nederlands: vloek(nl)