[2] Voedsel.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  voeding     voedings  

  Uitspraak

voe•ding

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Die handeling om te voed; voeding toedien; toevoer.
  2. Voedsel; kos; spyse.
  3. (figuurlik) Voeding vir die siel.

     Voorbeeldsinne

  1. Die regte posisie tydens voeding kan keer dat jou baba onnodig winde sluk.
  2. Melk verskaf die primêre bron van voeding vir pasgeborenes voordat hulle 'n groter verskeidenheid kos kan verteer.
  3. Jy kan nie net elke nou en dan geestelike voeding inkry en verwag om teen aanvalle staande te bly nie.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: food(en), nourishment(en)
Nederlands: voeding(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor voeding.