Varke wat pampoene vreet.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  vreet 
Verlede Tyd  ek   het gevreet        

  Uitspraak

[/frɪət/]

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Gulsig of op 'n onbeskaafde wyse eet (meestal van 'n dier gesê).
  2. Oordadig gebruik.
  3. Knaag; aantas; inbyt (sure).

     Voorbeeldsinne

  1. Hy het nie geëet nie, hy het gevreet.
  2. Die motorfiets vreet kettings.
  3. Die probleem vreet aan my.

     Verwante woorde

eet

     Vertalings

  Vertalings:    vreet
Nederlands: vreten(nl)
Engels: stuff(en)


Nederlands (nl)

  Uitspraak

Hulp:IPA: [vret]
    
(lêer)

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van vreten
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van vreten
  3. gebiedende wys van vreten

     Voorbeeldsinne

1.: Ik vreet.
2.: Vreet je?
3.: Vreet!