Kaart van Marokko.
Marokko se vlag.
Pleknaam
Marokko
Ma•rok•ko
(land) 'n Land in Noordwes-Afrika, amptelik die Koninkryk van Marokko (Arabies: المملكة المغربية al-Mamlakah al-Maghribiyah, letterlik "die westelike Koninkryk"; Berbers: ⵜⴰⴳⵍⴷⵉⵜ ⵏ ⵍⵎⴰⵖⵔⵉⴱ Tageldit n Lmaɣrib).
Marokko het 'n lang kuslyn aan die Atlantiese Oseaan wat verby die Straat van Gibraltar strek tot in die Middellandse See.
  Vertalings:   
Engels: Morocco(en)
Nederlands: Marokko(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor Marokko.