Moontlik 'n leenwoord uit Zoeloe "i(li)bunda" - 'woudboom', 'struike'[1] of Sjona "bundo" - '(gras)veld'.[2]
boen∙doe
Enkelvoud Meervoud
  boendoe     boendoes  
'n Afgeleë wilde gebied; wildernis; gramadoelas.
Ons het 'n plaas in die boendoe gehad, maar moes dit noodgedwonge verlaat.
boendoehof
  Vertalings:    boendoe
Engels: bundu(en), boonies(en)
Nederlands: rimboe(nl), negorij(nl)
  1. Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), ISBN 9780958440134
  2. Oxford dictionaries