Sedert 1296 in Middelnederlands as brake of braec stik in die betekenis 'oopgeploeg en onbebou gelaat' opgeteken.[1] Die woord is 'n ablautsvorm van die werkwoord breek, soos in die afleiding inbraak.[2]
In die betekenis 'kos opbring' sedert 1400. [3]
Enkelvoud Meervoud
  braak     brake  
    
(lêer)
braak
  1. 'n Stuk land wat omgeploeg en nie besaai is nie.
  2. 'n Oop stuk grond in 'n dorp
Braakland
  Vertalings:   1. Stuk land
Nederlands: braak(nl) v/m
  Vertalings:   2. Oop stuk grond
Nederlands: meent(nl) m
Bywoord
braak
Omgeploeg maar onbesaai
Hierdie stuk land lê braak.
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  braak 
Verlede Tyd  ek   het gebraak    
Teenwoordige deelwoord brakende     
  1. Land omploeg en nie besaai nie
  2. Mislik voel en jou kos opbring
  1. Veral wanneer daar nuwe land gebraak word, is dit belangrik om die vore reguit te trek.[4]
  2. 'n Tekort aan bloutong-entstof was vir die afgelope paar maande sterk in die nuus en daar is op baie platforms gal gebraak hieroor.[5]
2. Braaksel
«Sy gal braak
Sy ontevredenheid uiter