[1] 'n Broek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  broek     broeke    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  broekie     broekies  

  Woordafbreking

broek

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(kleding) 'n Kledingstuk met twee pype vir beide bene wat om die heupe gedra word en (afhangende van die lengte) 'n deel van die bene bedek.

     Voorbeeldsinne

'n Kortbroek is soortgelyk aan 'n langbroek, maar met afgesnyde bene rondom die knieë, hoër of laer afhangende van die styl van die klere.

     Spreekwoorde

«Hy is te lig in die broek
Hy is nie opgewasse vir die taak nie.
«Dit sit nie in sy broek nie.»
Hy is nie in staat om dit te doen nie.
«Ek voel dit aan my broek se naat.»
Ek is seker daarvan.
«Sy dra die broek in die huis.»
Sy is baasspelerig.
«Baie broek, bietjie man.»
Hy is 'n grootprater.
«Ek gaan sy broek afstof.»
Ek gaan hom 'n pak slae gee.
«'n Vlooi in die broek
Kan nie stilsit nie.

     Verwante woorde

hemp, rok

     Vertalings

  Vertalings:    broek
Engels: trousers(en)
Esperanto: pantalono(eo)
Nederlands: broek(nl)
Xhosa: -bhulukhwe kl. 5

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor broek.