'n Kalander (Microlarinus lareynii).
'n Groot kalanderboom by die Wildernis Natuurreservaat.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  kalander     kalanders    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kalandertjie     kalandertjies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Snuitinsek van die superfamilie   Curculionoidea.
  2. 'n Geelhoutboomspesie van suidelike Afrika,   Afrocarpus falcatus.

     Voorbeeldsinne

  1. Boswerkers van Knysna vertel dat die hout van steeds groeiende kalanderbome vinnig deur kalanderkewers aangeval en beskadig word na dit afgekap is.
  2. Dié groot geelhoutbome staan ook in die volksmond bekend as kalander(boom) of kalandergeelhout.

     Sinonieme

  1. graankalander, graanluis, koringtor, skildluis, snuittor
  2. bastergeelhout, geelhout, kalandergeelhout, Outeniekwageelhout

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor kalander.