[1] 'n Kis.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  kis     kiste    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kissie     kissies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Groot, stewige reghoekige doos vir die berg en vervoer van goedere.
  2. Doodskis, waarin 'n dooie persoon ter aarde bestel of gekremeer word.

     Voorbeeldsinne

  1. Die seerowers het 'n kis vol skatte gebuit.
  2. Ek wil niks besit wat nie in my kis sal pas nie.

     Hiponieme

doodskis, skatkis

     Vertalings

  Vertalings:    kis
Duits: Truhe(de) v, Kiste(de) v
Engels: chest(en), box(en)
Frans: caisse(fr) v
Nederlands: kist(nl) v/m
Russies: сундук(ru) m (sunduk)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  kis 
Verlede Tyd  ek   het gekis        

  Werkwoord

     Betekenisse

In 'n kis plaas.

     Voorbeeldsinne

Die appels word gekis voordat dit na die mark geneem word.

     Vertalings

  Vertalings:    kis
Engels: chest(en)
Nederlands: kisten(nl)