Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  krag     kragte    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kraggie     kraggies  

  Woordafbreking

krag

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Hoe sterk iemand is of voel; geestelike en fisiese vermoë (lewenskrag, geesteskrag, veerkrag, liggaamskrag, ens.)
  2. Elektrisiteit; elektriese energie wat opgewek word.
  3. Faktor wat invloed uitoefen; vermoë; uitwerking.
  4. (wetenskap) 'n Uitwendige oorsaak wat ongehinderd deur andere kragte die bewegingstoestand van 'n liggaam verander.

     Voorbeeldsinne

  1. Ek het nie nou krag om die skottelgoed te was nie.
  2. Die weer het die krag uitgeslaan.
  3. Ek het vertroue in die Afrikaner se krag om sy taal te handhaaf en te bou.
  4. Volgens Newton is F gelyk aan die produk m•a, waar F die krag voorstel, m die traagheid van die liggaam en a die versnelling van die voorwerp se beweging.

     Spreekwoorde

«'n Mens ontvang krag na kruis.»
'n Mens kry die nodige krag om leed en beproewing te oorkom.

     Vertalings

  Vertalings:    krag
Engels: strength(en), power(en), vigour(en)
Nederlands: kracht(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor krag.