Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  lyk     lyke    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  lykie     lykies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

'n Dooie liggaam; stoflike oorskot van 'n mens of 'n dier.

     Voorbeeldsinne

Hy het die lyke ontdek, en in die bakkie gespring om dorp toe te ry.

     Sinonieme

kadawer

     Afgeleide woorde

lykhuis, lykswa

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: corpse(en), body(en)
Nederlands: lijk(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  lyk 
Verlede Tyd  ek   het gelyk        

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Vertoon; uiterlike ooreenkoms toon.
  2. Skynbaar; wil voorkom; dink iets gaan gebeur.

     Voorbeeldsinne

  1. Liefie, jy lyk mooi vanaand. Hy lyk soos sy boetie.
  2. Dit lyk of die Proteas die wedstryd gaan wen.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: look(en)
Nederlands: lijken(nl)