[1] Atlete wat 'n maraton hardloop.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  maraton     maratons  

  Etimologie

Van die stad Marathon, noordoos van Athene. Volgens oorlewering het 'n boodskapper 42 km vanaf Marathon tot in Athene gehardloop om nuus van 'n Griekse oorwinning oor die Perse te bring. Ná die tog het hy van uitputting inmekaargestort en gesterf.

  Woordafbreking

ma•ra•ton

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (sport) 'n Wedloop oor 'n afstand van 42.2,195 km (26 myl en 385 treë).
  2. (figuurlik) Enige gebeurtenis wat lank aanhou of wat uithouvermoë verg.

     Voorbeeldsinne

  1. Vir meeste hardlopers is die maraton die langste wedren wat hulle ooit aandurf.
  2. Die vergadering was 'n maraton wat tot die vroeë oggendure geduur het.

     Wisselvorme

marathon

     Vertalings

  Vertalings:    maraton
Engels: marathon(en)
Nederlands: marathon(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor maraton.