om die reg in eie hande te neem

Afrikaans (af)

     Betekenisse

Om iemand te straf volgens jou eie idee van geregtigheid, sonder inagneming van die rol van wetstoepassers.

Om iets onwettigs en dikwels gewelddadig te doen om iemand te straf omdat jy weet die wet sal daardie persoon nie (voldoende) straf nie.

     Voorbeeldsinne

Die man het die reg in eie hande geneem toe hy sy vrou se moordenaar doodgemaak het.

     Sinonieme

     Vertalings

  Vertalings:    om die reg in eie hande te neem
Engels: take the law into one's own hands