Afrikaans (af)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

1. Stereotipering van individue of groepe op grond van hul ouderdom. Tipies behelsend vooropgestelde idees oor hoe ouderdom belangstellings, persoonlikheid en vermoëns beïnvloed.
2. Vooroordeeling van individue of groepe op grond van hul ouderdom. Tipies behelsend vooroordeel wat gevoelens van minagting, afkeer, jammerte en ergernis kan insluit
3. Diskriminasie teen individue of groepe op grond van hul ouderdom, byde op informele en sistemiese flakke. Tipies behelsend gedrag wat mense weens hul ouderdom benadeel, verneder of isoleer.

     Voorbeeldsinne

Die Kanadese mediakonglomeraat Bell Media Inc. was in Augustus 2022 beskuldig van ouderdomisme na die afdanking van Lisa LaFlamme, voorheen die hoof nasionale nuusleser vir CTV, wie vyf en dertig jaar se diens aan die netwerk gelewer het.

     Hiponieme

ouderdomsdiskriminasie

     Hiperonieme

stereotipering
vooroordeeling
diskriminasie

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: ageism, agism

  Verwysings

Ontwaak!, bl. 31. Mites en feite oor bejaardes. 8 Augustus, 2001. Pittsburgh, Pennsilvanië, VSA: Wagtoring Bybel en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië.
Anja van den Berg, Lize-Mari Labuschagne. Ouderdomisme geld beide kante toe. Is ek oud genoeg om ernstig opgeneem te word?. 18 Januarie, 2021. Werknet, Solidariteit.
Waarom ouderdomisme voorkom en hoe om dit te hanteer. 7 Julie, 2022. Drink-drink.