prys
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
prys | pryse |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
prysie | prysies |
- prys
- (ekonomie) Hoeveel iets kos; bedrag (meestal in geld) wat vir 'n item of diens betaal word.
- Iets wat jy wen; 'n uitsonderlike beloning, byvoorbeeld vir 'n bepaalde prestasie.
- Die pryse het hierdie winter sterk gestyg.
- Hy wen die tweede prys in die lotery.
- «'n Prys op iemand se kop.»
- 'n Beloning word aanbied om iemand te vang.
Vertalings: prys | |||
---|---|---|---|
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | prys |
Verlede Tyd | ek | het geprys |
- Die prys bepaal of 'n prys op 'n item aanbring.
- Waardering uitspreek; gunstig praat oor.
- Roem en lof besing.
- Die goedere op hierdie rak is sonder BTW geprys.
- Die polisie is vir hul flink optrede geprys.
- Loof en prys die Here.
- «Ek stel dit op prys.»
- Waardeer iets.
- «Elke dassie prys sy eie kwassie.»
- Elkeen is trots op sy eie.
- «Elke hond/jakkals prys sy stert.»
- Mense is geneig om hulself te prys.
Vertalings: 1. Prys bepaal/ aanbring. | |||
---|---|---|---|
Vertalings: 2, 3. Waardering uitspreek, lof besing. | |||
---|---|---|---|