Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  stem     stemme    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  stemmetjie     stemmetjies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Klank wat deur 'n mens met sy stembande gegenereer word as hy/sy praat of sing.
  2. Die keuse wat mens tydens 'n verkiesing maak.

     Voorbeeldsinne

  1. Die stem is daardie deel van menslike klankproduksie waar die stembande die primêre bron van klank is.
  2. Die dertiende partygenoot se stem was beslissend vir die herverkiesing.

     Spreekwoorde

«Hy maak sy stem dik.»
Hard, waarskuwend praat.
«Daar is 'n kraak in sy stem
Daar is ontroering in sy stem.
«Soos 'n stem wat roep in die woestyn.»
Tevergeefse poog om iemand van iets te oortuig.

     Vertalings

  Vertalings:   1. Geluid
Engels: voice(en)
Nederlands: stem(nl)
  Vertalings:   2. Keuse
Engels: vote(en)
Nederlands: stem(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  stem 
Verlede Tyd  ek   het gestem    
Teenwoordige deelwoord stemmende     

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. 'n Keuse in 'n verkiesing maak.
  2. Maak seker 'n instrument speel nie vals nie.

     Voorbeeldsinne

  1. Benjamin Franklin het gesê: “Demokrasie is twee wolwe wat stem oor aandete".
  2. Die klavier moet gestem word.

     Spreekwoorde

«Wie swyg, stem toe.»
Wie geen beswaar opper nie, keur goed.
«Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie.»
Hy bly nie altyd by wat hy sê nie.

     Vertalings

  Vertalings:   1. Keuse
Engels: vote(en)
Nederlands: stemmen(nl)
  Vertalings:   2. 'n Instrument stel
Engels: tune(en)
Nederlands: stemmen(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor stem.


Engels (en)

  Selfstandige naamwoord

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord stem stems

     Betekenisse

Stam (plant).