Afrikaans (af)

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

Iemand wat verkramp is staan negatief teenoor aanpassing en vernuwing. Dit is in 'n erger graad as om konserwatief te wees.

     Voorbeeldsinne

Sy glo dit is sonde om enige grimering te dra. Sy is verkramp.

     Sinonieme

konserwatief, outyds, verstar, bekrompe

     Antonieme

liberaal, byderwets

     Afgeleide woorde

verkrampte, verkramptheid

     Vertalings

Engels: bigoted, ultra-conservative, reactionary, hidebound, narrow-minded, mean-spirited