Wiktionary:Oor hierdie projek

Wat is die bedoeling van hierdie projek? Wat is ons? Wat is ons nie?

Wat is ons? wysig

Ons is deel van Wiktionary wat 'n stelsel van webwerwe is wat probeer om alle woorde van alle tale in alle tale te beskryf. Hierdie webwerf doen dit in Afrikaans. Ons is dus 'n stukkie van 'n soort 'altalige' woordeboek. En ja dit is natuurlik taamlik ambisieus, maar as ons die groei van die Franse en later ook die Engelse wiktionary's bekyk, kan dit tog in hoë mate verwesenlik word. (Die Franse een was lank die grootste gewees, maar die Engelse wikti het dit later verbygesteek).
Die Wiktionary-stelsel is 'n onderdeel van die groot stelsel van Wikimedia, wat ook Wikipedia bevat.

Ons werk is leksikografies wysig

Ons beskryf woorde, wat hulle beteken, hoe hulle geskryf word of hoe hulle klink, in watter grammatikale, etimologiese, morfologiese of ander konteks hulle gesien moet word, ensomeer.

Watter woorde en woordvorme is welkom? wysig

In beginsel is alle woordvorme welkom, mits hulle gebruik is of word. Ook woordvorme soos blouer, huise of gebreekte kry hulle eie bladsy, hoewel die beskrywing van afgeleide vorme dikwels korter bly en hulle verwys na 'n hoofvorm soos blou, gebreek of huis.

Hoe is Afrikaans, Nederlands ensomeer gedefinieer: die geskiedkundige aspek wysig

Ons gebruik die ISO-taalkodes hier. Onder die isokode "af" ("afr") word alle Afrikaans verstaan, ook die Afrikaans van byvoorbeeld die Patriot-woordeboek van 1902. Vir Nederlands val onder "nl" (of "nld") alle Nederlands sedert omtrent 1500. Van 1150 tot 1500 val dit onder "dum" (Middelnederlands) en ouer as dit is dit "odt" (Oudnederlands). Vir ander tale geld omtrent dieselfde.
Natuurlik is die hooftaal waarin ons woorde beskryf die Standaardafrikaans van vandag (2017) en verouderde woorde sal as 'verouderd' aangedui word.

Wat is ons nie? wysig

Ons is nie 'n preekstoel nie wysig

Daar is mense wat probeer om hulle politieke of religieuse doeleindes na te streef deur aan bepaalde woorde 'n effens ander betekenis te gee. Op hierdie webwerf sal hierdie pogings geskrap word. Ons beskryf taal soos dit deur die sprekers gepraat word of is, nie soos bepaalde mense wil dat dit gebruik word nie. Verder moet ons politiek en religieus neutraal wees omdat dit 'n algemene reël van die hele Wikimedia-stelsel is.

Ons is nie 'n plek om protologismes te skep nie wysig

'n Protologisme is 'n woord wat jy self bedink het. Natuurlik het iedere spreker van iedere taal die reg om 'n nuwe woord te bedink en dit gebeur ook gereeld. Sommige van hierdie protologismes word as neologismes deur ander mense oorgeneem. Ja, jy het die reg om 'n protologisme te skep, maar nie hier nie. Ons beskryf net woorde wat reeds gebruik word of is. Die rede is dat die meeste protologismes nooit deur ander sprekers aanvaar word nie.

Ons is nie net Suid-Afrikaans nie wysig

Afrikaans word ook in ander lande gepraat en studeer. Ons lesers (en skrywers) kan ook ander moedertale as Afrikaans hê en hierdie webwerf is ook vir mense wat (beter) Afrikaans wil leer.

Ons is nie ensiklopedies nie wysig

Natuurlik is daar 'n grysgebied tussen leksikografiese en ensiklopediese beskrywing. Wikipedia begin byvoorbeeld alle artikels met 'n definisie wat taamlik leksikografies genoem kan word. Hier kan soms ook inligtings gebruik word wat ensiklopediese waarde het, maar die doel moet leksikografies bly. Ons gebruik byvoorbeeld die sjabloon {{spesie}} om 'n skakel na Wikispecies te skep. Die doel hiervan is nogtans leksikografies en nie taksonomies of biologies nie: dit probeer om die definisie van 'n woord eenduidig vas te lê.

Waarom nie net Afrikaans nie? wysig

Die wiki-sagteware is gratis en mens kan dit sommer op 'n bediener laai en 'n wiki begin wat in net een taal is. Daar is reeds talle van hulle. Hoewel hierdie werwe gewoonlik in (net) Engels is, is daar niks teen 'n wiki-webwerf wat net in Afrikaans is nie. Ons s'n het nogtans 'n ander keuse gemaak. Dit het ook groot voordele. Die aantal tweetalige woordeboeke Afrikaans-ander taal of omgekeerd is beperk. 'n Woordeboek Afrikaans-Mongools is byvoorbeeld moeilik om te vind. Ons probeer om Afrikaans met alle tale te koppel. Hiermee verkry Afrikaans ook sy verdiende plek as een van die tale van die wêreldgemeenskap en word ook bekender en meer toeganklik vir ander mense.