Sjablone en formaat wysig

Wikiwoordeboek maak gebruik van talle sjablone om aan die leser 'n uniforme formaat te toon.

Hooftaalsjablone wysig

Die enigste sjablone wat 'n opskrif van vlak een daarstel is die hooftaalsjablone, soos {{=af=}} of {{=en=}} vir 'n woord in Afrikaans of Engels. Elke inskrywing begin met 'n hooftaalsjabloon. Inskrywings in Afrikaans staan op die eerste plek bo aan die bladsy. Ander tale volg in alfabetiese volgorde.

Algemene inligting oor die woord wysig

Inligting oor die etimologie ({{-etimologie-}}, die uitspraak {{-uitspraak-}}, die woordafbreking {{-woordafbreking-}}, die transliterasie in ander skrifte (soos {{-arab-}}) volg na die hooftaalsjabloon. Hierdie is sjablone van vlak twee.

Woordsoortsjablone wysig

Woordsoorte en vormtabelle wysig

Ná die algemene inligting volg 'n woordsoortsjabloon soos {{-ww.-}}, {{-b.nw-}} ens. Hulle kan voorafgegaan word deur 'n tabel met vorme soos {{-af-ww.-}}. Om die posisie van hierdie tabelle in 'n aanvaarbare posisie regs op die bladsy te kry kan dit vroeër in die lys verskyn.

Indien die woord in dieselfde taal in meer as een woordsoort voorkom kan 'n tweede, derde woordsoortsjabloon volg. Die hooftaalsjabloon word nie herhaal nie.

Betekenisse wysig

Die woordsoortsjabloon word gevolg deur 'n sjabloon van die derde vlak {{betekenisse}} waar die betekenis(se) van die woord gedefinieer word. Die inskrywing het ten doel beskrywend te wees. Moenie die een woord net met 'n ander woord definieer nie. Dit is 'n sinoniem, nie 'n betekenis-definisie nie. Woord in vreemde tale mag wel net na een Afrikaanse woord verwys, behalwe wanneer daar meer as een Afrikaanse betekenis is, dan moet gespesifiseer word watter betekenis die juiste is.

Indien daar meer as een definisie is, moet hulle genommer word en hierdie numering moet ooreenstem met ander dele van die inskrywing, soos die vertaling of die etimologie.

Ander derdevlak-sjablone wysig

{{voorbeeldsinne}} is nie verplig nie, maar versterk die definisie en maak dit ook makliker vir mense wat besig is om 'n taal te leer om Wikiwoordeboek in hulle studie te gebruik. Indien dit 'n minder bekende woord of woordbetekenis betref, is dit wenslik om uit ander bronne soos boeke, nuusmedia ens. te siteer en 'n verwysing daarvan te gee.

{{eienskappe}} maak dit moontlik om besonderhede te vermeld, bv. of die woord telbaar, skeibaar, oorganklik of neweskikkend is.

Vertalings wysig

Vertalings word net vir Afrikaanse woorde gegee onder die opskrif {{-vert-}}. Maak asseblief gebruik van die {{vert-bo}} en {{vert-onder}}-sjablone en gee {{vert-bo}} 'n parameter titel= waarin die nommer en 'n kort definisie gegee word indien daar meer as een definisie gegee word. Moenie verskeie betekenisse in een vertaalblok plaas nie.

Afsluiting wysig

Die ruimte onder die vertalings kan sjablone soos {{verwysings}} en {{info}} bevat wat na ander webwerwe / boeke ens. verwys. Indien daar 'n probleem ontstaan met die posisie van tabelle ens. kan <br clear="all"> gebruik word om 'n bepaalde deel af te sluit.