Wiktionary:Formaat

Ons probeer om alle bladsye dieselfde formaat te gee, maar daar is baie verskillende soorte inligting wat op 'n bladsy kan verskyn en dit beteken dat 'n bladsy selde alle opsies werklik sal vertoon of gebruik. Kyk gerus onder "Hoe om ’n nuwe bladsy te skep" om te sien hoe 'n minimale bladsy uitsien. Hierdie bladsy wil probeer om die gebruikte formaat volledig(er) te beskryf. Vandag, 7 Februarie 2018 kan ons ook seker nie sê dat ons formaat nooit meer gewysig gaan word nie. Daar gaan dalk nog wysigings kom.

Die hulp onder die bewerkingsblad wysig

 
Teksboks op die Afrikaanse Wiktionary wat die belangrikste sjablone in die regte volgorde wys.
Indien jy 'n bladsy oopmaak vir bewerking is onder die blad links 'n vakkie met ↓. Kies "Wiktionary" en dit toon die belangrikste sjablone in die juiste volgorde in blou, wat gedruk kan word om hulle op die bladsy te sit.

Bo-aan die bladsy wysig

Bo-aan die bladsy kan een of meer beelde kom wat 'n Afrikaanse woord verduidelik. Sien byvoorbeeld die bladsy perd.
Indien daar woorde bestaan wat net deur diakriete verskil soos leer, lêer en leër kan bo-aan die ook-sjabloon gebruik word om hierdie bladsye aan mekaar te skakel. Kyk byvoorbeeld die bladsy lêer.

Hooftaalsjablone wysig

Die meeste inskrywings behoort tot 'n bepaalde taal en sal gewoonlik begin met 'n hooftaalsjabloon soos {{=af=}}, {{=ru=}}. (Die Afrikaanse, Engelse en Nederlandse sjablone word agter Taal: gewys. Vir ander tale sien gerus Kategorie:Hooftaalsjablone
Uitsonderings is internasionale simbole, soos letters van 'n alfabet of Chinese karakters ens wat nie by een bepaalde taal hoort nie. Op hierdie punt is ons formaat nog taamlik onseker.
'n Afrikaanse woord kom altyd aan die top van die bladsy. Indien die woord ook in ander tale gebruik word, volg hulle in alfabetiese volgorde.

Kategorieë wysig

Die hooftaalsjabloon sit die bladsy in 'n kategorie "Woorde in taal".
Dit kan ook die woordlengte tel indien dit in die hooftaalsjabloon so gedefinieer is. Die telling kan dikwels ook uitgeskakel word deur byv. {{=nl=|telling=0}} te skryf. Dit is nuttig vir vervoegingsbladsye soos hebben (vervoeging) wat anders as baie lang 'woorde' getel word.

Voorbeelde wysig

Die bladsy tuiste is 'n voorbeeld van 'n woord wat net 'n Afrikaanse lemma bevat.
Die bladsy huis is 'n voorbeeld van 'n woord wat 'n Afrikaanse en ook 'n Nederlandse lemma bevat
Die bladsy du is 'n voorbeeld wat net twee vreemde tale bevat: Frans en Middelnederlands.
Die bladsy ja i s 'n voorbeeld van 'n woord wat in talle tale aangetref word.

Woord(blokkie)-sjablone wysig

Die volgende sjabloon skep gewoonlik 'n blokkie regs op die bladsy met die woord en sy vorme, soos die meervoud of die voltooide tyd. Die sjablone daarvoor is taalspesifiek en da gewoonlik name soos -af-s.nw- of -nl-ww- vir 'n Afrikaanse selfstandige naamwoord of Nederlandse werkwoord. Kyk asseblief op de beskrywingsblad van die sjabloon hoe dit gebruik word. Dit kan baie verskil.

Die eenvoudigste woordblokkie is die sjabloon -woord-.

Die woordblokkie-sjabloon sit gewoonlik die woord nog in ander kategorieë soos "selfstandige naamwoorde in Afrikaans".

Voorbeelde wysig

Kyk die bladsy amper vir die gebruik van 'n eenvoudige "-af-byw2-" sjabloon.
Kyk die bladsy water vir die "-af-s.nw-" sjabloon met net 'n meervoud.
Soms word nogtans ook groter sjablone gebruik.
Kyk wij vir die sjabloon "nl-pers.vnw" wat alle Nederlandse persoonlike voornaamwoorde saamvat.

Indien sjablone te groot word vir 'n bladsy kan hulle 'n eie bladsy kry, soos zwijgen (vervoeging).

Topvlak-sjablone wysig

Etimologie wysig

Hierdie opskrif is opsioneel. Gee asseblief 'n geldige verwysing vir die inligting wat jy hier wil verskaf. Jy kan sjablone soos dum, odt, pgm en pie gebruik wat na Middelnederlands, Oudnederlands, Proto-Germaans en Proto-Indo-Europees verwys. Daar is ook erfwoord en leenwoord wat net die woord in kategorieë soos "Leenwoord uit Russies in Afrikaans" sit.

Uitspraak wysig

Hierdie opskrif is opsioneel vir Afrikaans, maar vir tale soos Nederlands, Frans, Engels ens. is daar dikwels inligtings voorhande soos 'n klanklêer of 'n IFA-weergawe. Hulle kan eenvoudig ingesluit word met die sjabloon woordklank as {{woordklank|ipa=|t=|o=}} ipa= gee die fonetiese skrif, t= behoort die taalkode te kry en o= kry 'n waarde indien 'n klanklêer voorhande is. Met pl= kan 'n plek aangegee word en met w= 'n ander lêernaam, indien dit afwyk.

In beginsel kry ieder woord -ook woordvorme soos "perde" of "goeie" hul eie bladsy en hulle uitspraak kan daar beskryf word. Die uitspraak van "goeie" behoort eintlik op de bladsy "goeie"beskryf te word. Daar is nogtans nou talle bladsye waar die uitspraak van alle vorme op een bladsy beskryf word. Die uitspraak van "goeie" staan dus op die bladsy van "goed". Op ander wikti's is dit nie gebruiklik nie en ons het nog nie besluit wat om daarmee te doen nie.

Ongelukkig ontbreek vir Afrikaans amper alle klanklêers en is ook 'n goeie bron vir IPA-beskrywings moeilik om te vind.

Ander skryfwyses wysig

Weergawes van die woord in ander skrif (soos toelies in Afrikaans) of ouer spellings kan hier gewys word.

Woordafbreking wysig

Sommige tale, soos Nederlands en Afrikaans het 'n gereguleerde spelling en ook 'n gereguleerde manier om woorde af te breek. (Engels het dit byvoorbeeld nie.) Indien dit bekend is kan hier die afbreking gewys word. Gebruik asseblief mid·del·pun·te daarvoor. Agter die sjabloon "woordafbreking" kan dit aangekliek word.

Voorbeelde wysig

Die Russiese bladsy совершенно wys 'n uitspraak-opskrif en ook 'n woordafbreking. Druk gerus op die pyl -> om die klanklêer te beluister.

Woordsoort-sjablone wysig

'n Woordsoortsjabloon is verplig. Dit sal dikwels -s.nw-, -b.nw- of -ww.- wees maar daar is ander woordwoorde soos -telw- of -bywd-.

Soms kan 'n woord sowel selfstandige naamwoord as werkwoord wees. In die geval volg twee woordsoortsjablone onder een hooftaalsjabloon.

Die bladsy huis wys 'n voorbeeld daarvan.

Ons het die volgorde van woordsoorte (nog?) nie vasgelê nie.

Beskrywings-sjablone wysig

Betekenisse wysig

Die eerste beskrywings-sjabloon is betekenisse en dit is ook verplig
Vir 'n Afrikaanse woord word dit gevolg deur 'n kort beskrywing van wat hierdie woord beteken. (Nie: deur 'n ander sinoniem woord nie.)
Vir ander tale kan die H-sjabloon gebruik word om dit na die Afrikaanse bladsy te skakel, of die A-sjabloon indien dit op dieselfde bladsy staan. (Dit gebeur dikwels vir Nederlands). Dit is dikwels gewens om na hierdie sjablone nog 'n kort definisie te gee, veral indien die Afrikaanse woord meer as een betekenis het.
Eindig 'n definisie asseblief met 'n punt . Dit help google en ander grotes om ons bladsy te indekseer en vindbaar te maak.
Die beskrywing bevat gewoonlik geen skakels nie. In uitsonderings kan daar dalk een skakel wees na 'n woord watter se beskrywing baie ondersteunend is, maar anders vermy dit asseblief. Skakels kom gewoonlik onder die "-nieme-"-opskrifte.


Meer betekenisse wysig

Indien daar net een betekenis is, begin die beskrywing met :
Indien daar meer as een betekenis is, begin die beskrywing met #
Die # is nodig om na die verskillende definisies eenduidig te kan verwys, byvoorbeeld in die voorbeeldsinne of in die vertalings.
'n Beskrywing kan voorafgegaan woord deur 'n konteks-sjabloon soos medies of biologie indien die woord in hierdie konteks 'n besondere betekenis het. Hierdie sjablone heg kategorieë aan die bladsy.

eienskappe wysig

Hierdie opskrif is opsioneel, maar stel die skrywer in staat om die verskillende woordbetekenisse beter te beskryf. 'n Werkwoord kan byvoorbeeld dikwels oordragtelik maar ook onoordragtelik gebruik word en het dan ander betekenisse. Of in een betekenis is 'n woord deftig, maar nie in die ander een nie. Mens kan ook beskryf uit watter strukturele onderdele 'n woord bestaan. Dit is vandag nie duidelik of ons dit hier gaan doen of onder etimologie nie. Op ander wikti's verskil dit taamlik.

voorbeeldsinne wysig

Voorbeeldsinne het talle funksies.
  1. Dit dokumenteer die bestaan en gebruik van 'n woord en maak ons leksikografiese werk verifieerbaar.
  2. Dit demonstreer hoe die word gebruik word
  3. Dit verduidelik die woord-beskrywings
  4. Dit help mense baie wat probeer om die taal te leer. (Taalverwerwing is altyd kontekstueel).
Indien die woord algemeen bekend is, kan ons self sommer 'n sinnetjie bedink, maar indien dit seldsame of verouderde woorde betref of 'n besondere gebruik daarvan is 'n sitaat met 'n goeie verwysing 'n groot verbetering van bladsy se kwaliteit.
Indien die woord meer as een betekenis het, gebruik asseblief dieselfde nummering wat by die definisies gebruik is.
Vir voorbeelde in vreemde tale het ons die byv-2-sjabloon, waarin die voorbeeld saam met sy vertaling weergege kan word.
Die beskrewe woord behoort 'vet gewys te word, ook sy vertaling indien dit moontlik is. (Soms is 'n direkte vertaling nogtans nie moontlik nie.)
In voorbeeldsinne kom gewoonlik ook geen skakels voor nie.

Voorbeelde wysig

Die bladsy huis wys 'n Afrikaanse selfstandige naamwoord met vier betekenisse en hulle voorbeeldsinne en vertalings.

-nieme wysig

Woorde het dikwels -maar nie altyd nie- sino-, anto-, hipo-, hipero-, mero- of holonieme of daar is woorde wat van die woord afgeleid is of daaraan verwant is. Die opskrifte hiervan is almal opsioneel maar wel nuttig omdat dit die verskillende woorde van ons woordeboek met skakels aan mekaar verbind en dit mense help om dié inligtings te vind wat hulle soek. Dit is mos die groot opdrag van alle wikimedia: inligtings toeganklik maak.
Gewoonlik kan onder 'n "-nieme" kop 'n : volg met 'n party woorde in wikihake. Indien dit te lang word sal ons dalk tabelle moet maak wat oopgemaak kan word. Ander wikiwoordeboeke het dit reeds, maar ons is nog klein.

Vertaal-sjablone wysig

Hierdie sjablone word alleen vir Afrikaanse woorde gebruik en begin met -vert-. Indien daar meer as een betekenisdefinisie is, vul asseblied die titel= parameter van die vert-bo sjabloon in met sowel die nummertjie van die definisie as 'n kort herhaling van die definisie. Hierdie dubbele verwysing voorkom verwarring van die vertalings indien later nog 'n definisie toegevoeg word sonder wysining van die vertalings. Daar is nog talle vertalingsblokke wat met nummertjies werk en dit moet nog verander word. Ieder definisie behoort sy eie vertalingsblok te hê, anders ontaan daar verwarring. (Ander wikti's het baie slegte ervarings.)