'n Lêer.
Disambig.svg Sien ook leer en leër

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  lêer     lêers    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  lêertjie     lêertjies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Omslag waarin papiere gerangskik en geberg word, sodat dit maklik later nageslaan kan word.
  2. (rekenaarwetenskap) 'n Versameling inligting wat 'n eenheid vorm en saam geberg word; rekenaarlêer.
  3. Iemand wat lê (rus) of iets (soos 'n balk) waarop iets ander lê.
  4. 'n Hen of ander dier wat eiers lê (lêhen).
  5. 'n Ou inhoudsmaat vir wyn, brandewyn, asyn, ens.

     Voorbeeldsinne

  1. Bêre asseblief die brief in daai lêer.
  2. Kopieer die lêer na jou hardeskyf.
  3. Plaas die bokse op daai lêer asseblief.
  4. Hierdie hen is 'n uitstekende lêer.
  5. Een lêer is 16 anker of 582 liter.

     Verwante woorde

liasseer

     Vertalings

  Vertalings:   1. Omslag
Engels: binder(en)
Nederlands: map(nl)
  Vertalings:   2. Versameling inligting
Engels: file(en)
Nederlands: bestand(nl)
  Vertalings:   3. Iets (soos 'n balk) waarop iets ander lê
Nederlands: legger(nl)
  Vertalings:   4.'n Hen wat eiers lê.
Nederlands: leghen(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor lêer.