Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  artikel     artikels    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  artikeltjie     artikeltjies  

  Woordafbreking

ar•ti•kel

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Voorwerp in die handel wat te koop is.
  2. 'n Gepubliseerde teks, soos 'n opstel in 'n tydskrif, koerant of ensiklopedie.
  3. (juridies) Een van die bepalinge waaruit 'n wet bestaan.
  4. (taalkunde) 'n lidwoord; woord voor 'n selfstandige naamwoord wat die bepaaldheid aandui.

     Voorbeeldsinne

  1. Die artikel se prys is afgemerk.
  2. Die afgetrede professor het 'n artikel vir Wikipedia geskryf.
  3. Die bepaling kan in artikel 27 van die genoemde wet gevind word.
  4. Die onbepaalde artikel in Afrikaans is '’n' en die bepaalde artikel is 'die'.

     Afkorting

art.

     Vertalings

  Vertalings:    artikel
Engels: article(en)
Nederlands: artikel(nl)