'n Baai.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  baai     baaie    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  baaitjie     baaitjies  

  Woordafbreking

baai

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

'n Wye inham van die see; strook water wat aan drie kante deur land omring is.

     Voorbeeldsinne

Valsbaai is 'n baai met 'n lengte van sowat 48 kilometer naby Kaapstad.

     Vertalings

  Vertalings:    baai
Engels: bay(en)
Nederlands: baai(nl)
 
Kinders wat in 'n rivier baai.
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  baai 
Verlede Tyd  ek   het gebaai        

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Swem of langs die water lê en in die son bak.
  2. In iets gehul wees; oortrek van; bestraal deur.

     Voorbeeldsinne

  1. Ons gaan vanmiddag in die see baai.
  2. Waar die figure in die eerste skildery in lig gebaai is, lyk dit asof amper al die persone in La Grande Jatte in skadu gehul is.

     Vertalings

  Vertalings:    baai
Engels: bathing(en)
Nederlands: baden(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor baai.