'n Bundel van gedigte.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  bundel     bundels  

  Woordafbreking

bun•del

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Versameling tekste (soos verhale of gedigte) wat in 'n drukwerk versamel is.
  2. (weinig gebruik) 'n Versameling van saamgebinde goed in die algemene sin; 'n bondel.

     Voorbeeldsinne

  1. Hierdie bundel van kortverhale is vir die Eugène Maraisprys genomineer.
  2. Die soekligte word aangesit, bundels van lig skiet die nagruim in.[1]

     Eienskappe

2. Word nie baie gebruik nie. Gebruik eerder bondel (soos in Kaboedel-bondel).[2]

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: bundle(en)
Nederlands: bundel(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  bundel 
Verlede Tyd  ek   het gebundel        

  Werkwoord

     Betekenisse

Tekste vir uitgawe saamvoeg; boekstaaf.

     Voorbeeldsinne

Die digter is besig om al sy gedigte te bundel.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: bundle(en)
Nederlands: bundelen(nl)

  Verwysings

  1. WAT: Woordeboek van die Afrikaanse Taal
  2. Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT6)


Nederlands (nl)

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈbɵn.dəɫ]

, [ˈbʏn.dəl]

    
(lêer)
Enkelvoud Meervoud
Naamwoord bundel m bundels 
Verkleinwoord bundeltje bundeltjes  
 
Twee bundels licht.

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Stapel los goeters wat saamgebind is.
  2. Bundel; saamgevoegde tekste

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van bundelen
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van bundelen
  3. gebiedende wys van bundelen

     Voorbeeldsinne

1.: Ik bundel.
2.: Bundel je?
3.: Bundel!