Opperste vreugde.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  euforie     —  

  Etimologie

Van Grieks 'ευφορία', euphoria.

  Woordafbreking

eu•fo•rie

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

'n Staat van uiterste opgewondenheid of geluk; verhoogde gevoel van welsyn en welbehae.

     Voorbeeldsinne

Die suksesvolle lansering van die wêreld se eerste satelliet, Spoetnik 1, het 'n fase van maatskaplike en ekonomiese euforie in die Sowjetunie ingelui.

     Antonieme

disforie

     Vertalings

  Vertalings:    euforie
Engels: euphoria(en)
Nederlands: euforie(nl)