Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  gebied     gebiede  

  Woordafbreking

ge•bied

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Deel van die aardoppervlak; deel van 'n land/provinsie/stad/dorp; streek.
  2. (figuurlik) 'n Bepaalde vak van die onderwys, kunste of wetenskap; 'n reeks verwante sake/aktiwiteite.

     Voorbeeldsinne

  1. Die Namibwoestyn is 'n dorre gebied.
  2. Dié professor is kundig op die gebied van taalkunde.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels area(en), region(en), territory(en)
Nederlands gebied(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  gebied 
Verlede Tyd  ek   het gebied        

  Werkwoord

     Betekenisse

Beveel; gelas; 'n dwingende opdrag gee.

     Voorbeeldsinne

Die stout kind is gebied om die klas te verlaat.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels command(en)
Nederlands gebieden(nl)


Nederlands (nl)

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ɣ̊əˈbit]
(lêer)
Enkelvoud Meervoud
Naamwoord gebied gebieden 
Verkleinwoord gebiedje gebiedjes

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

Gebied

     Voorbeeldsinne

«De Namibwoestijn is een dor gebied
Die Namibwoestyn is 'n dorre gebied.

     Eienskappe

Onsydig. Telbaar.

     Afgeleide woorde

staatsgebied, vakgebied