Afrikaans (af)

  Selfstandige naamwoord

Enkelvoud Meervoud
  gloeilamp     gloeilampe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  gloeilampie     gloeilampies  

  Woordafbreking

gloei•lamp

  Uitspraak

IPA: [gloeiˈlamp]

     Betekenisse

'n Elektriese komponent wat lig uitstraal wanneer dit aangeskakel is. Dit bestaan uit 'n glasfles waaruit alle lug onttrek en toe geseël is sodat dit 'n vakuum daarbinne in stand hou. Binne die vakuum is daar 'n filament (baie dun metaaldraadjie wat in 'n spiraal gewen is) waardeur die elektriese stroom vloei wanneer dit aan is. Die stroom laat die filament gloei weens die hoë temperatuur wat deur die stroom en die elektriese weerstand van die filament veroorsaak word, en die gloeiende filament skyn dan lig uit deur die glasfles waarin dit gehuisves is.
Wanneer die gloeilamp ophou werk word daar gesê dat dit geblaas het - dit gebeur gewoonlik wanneer die filament breek, wat die gevolg is van korrosie (skeikundige reaksie tussen die filament en suurstof) omdat 'n bietjie lug oor tyd in die glasfles ingelek het, of omdat die vakuum nie volmaak was nie (d.w.s. dat nie werklik ál die lug uit die glasfles verwyder was tydens vervaardiging nie).

     Voorbeeldsinne

Na ons die gloeilamp wat geblaas het vervang het, kon ons sien wat ons doen.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: light bulb(en)