Kos.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  kos     kosse    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kossie     kossies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(kookkuns) Voedsel; spys; dit wat 'n organisme eet om sy metaboliese prosesse in stand te hou.

     Voorbeeldsinne

Sout is 'n natuurlike geurmiddel wat daagliks in kos geëet word.

     Sinonieme

voedsel

     Spreekwoorde

Dit lyk of die hond sy kos afgeneem het (lyk verleë).
Hy kyk die kos uit my mond (na iemand wat eet staar).

     Vertalings

  Vertalings:    kos
Engels: food(en)
Nederlands: voedsel(nl)
Xhosa: ukudla kl. 8
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  kos 
Verlede Tyd  ek   het gekos        

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Prys vra of vasstel; hoeveel mens vir 'n item moet betaal.
  2. Wat dit verg; die moeite bepaal.

     Voorbeeldsinne

  1. Wat kos die appel?
  2. Die werk kos baie tyd, moeite en geduld.

     Verwante woorde

hoeveel kos dit

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: price(en)
Nederlands: kosten(nl)