'n Lugfoto van 'n lughawe.
Enkelvoud Meervoud
  lughawe     lughawens (lughawes)    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  lughawentjie     lughawentjies  
lug•ha•we
(lugvaart) 'n Vliegveld met akkommodasie vir die ontvangs en vertrek van passasiers en die ontvangs en versending van goedere.
'n Lughawe beskik oor aanloopbane waarop vliegtuie kan land (landingsbaan) en opstyg (stygbaan), 'n lugbeheertoring en radar; terminaalgeboue met kantore vir die administrasie van die lugdienste en geriewe vir passasiers.
  Vertalings:    lughawe
Engels: airport(en)
Nederlands: luchthaven(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor lughawe.