(Larwe). Sedert 1330 in Middelnederlands as made opgeteken. Reeds in 1599 ook as maeye. Die epentetiese -r is Afrikaans. Verwante woorde word in Germaanse tale aangetref soos Gotiesmaþa. Buite Germaans onseker.[1]
(Oester). Afgeleid van die ww. maai met die suffiks -er.
Maaiers en die behandeling van osteomielitis en ander septiese wonde.[2]
Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.[3]
Na elke gebruik van die elektriese maaier moet alle vuil deeglik verwyder word.[4]