[1]. Moerbeie.
[2] 'n Witmoerbeiboom.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  moerbei     moerbeie    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  moerbeitjie     moerbeitjies  

  Woordafbreking

moer•bei

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (vrugte) Sappige, braamagtige vrug van die moerbeiboom.
  2. (plantkunde) 'n Plant of boom in die familie   Moraceae wat moerbeie as vrugte dra.

     Voorbeeldsinne

  1. Moerbeie is heerlik, maar kan vlekke op mens se klere maak.
  2. Die moerbei is 'n indringerplant en 'n groot, bladwisselende en bosserige boom met neerhangende buitetakke.

     Spreekwoorde

«Vir die swartste moerbei klim jy die hoogste.»
Vir iets wat die moeite werd is, sal mens baie moeite doen.

     Vertalings

  Vertalings:    moerbei
Deens: morbær(da)
Engels: mulberry(en)
Nederlands: moerbei(nl)
Russies: тут(ru)