Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  pas     passe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  passie     passies  

  Uitspraak

Hulp:IPA: [pɑs]

  Woordafbreking

pas

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. 'n Pad oor 'n berg.
  2. Verlofbrief; paspoort.
  3. Stap; masjeer; vooruitgang van gebeure.

     Voorbeeldsinne

  1. Montagupas is 'n skilderagtige pas wat 'n groot aantal toeriste trek.
  2. Sy het haar pas verloor.
  3. Jy moet die pas hou.

     Spreekwoorde

«Iemand die blou pas gee.»
Iemand afsê of in die pad steek.

     Vertalings

  Vertalings:    pas
Engels: pass(en), dismissal(en), pace(en)
Nederlands: pas(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  pas 
Verlede Tyd  ek   het gepas        

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Reg sit; groot genoeg wees en goed lyk.
  2. Twee dinge wat bymekaar hoort; goed saamgaan.
  3. Wat reg is met iemand; geleë wees.

     Voorbeeldsinne

  1. Die jas pas jou goed. Die soen pas perfek.
  2. Jou kouse pas nie by mekaar nie.
  3. Sal dit jou pas as ek more daarlangs kom?

     Spreekwoorde

«As die skoen jou pas, trek hom aan.»
As jy skuldig voel, moet jy wat gesê is, op jouself toepas.
«Dit pas so in my kraam.»
Iets is presies soos iemand dit wil hê.
«'n Mou aan iets pas
'n Oplossing vind.
«Wie nie pas op sy tyd, is sy maaltyd kwyt.»
Wie laat kom, kry geen kos nie.

     Vertalings

  Vertalings:    pas
Engels: fits(en), suit(en)
Nederlands: passen(nl)


Bywoord
pas

  Bywoord

     Betekenisse

  1. 'n Kort tydjie gelede.
  2. Skaars of net.

     Voorbeeldsinne

  1. Ek het pas afgestudeer.
  2. Ek het pas gaan lê, toe lui die deurklokkie.

     Vertalings

  Vertalings:    pas
Engels: scarcely(en), hardly(en), just(en)
Nederlands: pas(nl)