'n Bejaarde vrou met plooie op haar gesig.

Afrikaans (af)

  Etimologie

Sedert 1327 bekend uit Middelnederlands. 'n Franse leenwoord van Oudfrans ploi (moderne Frans: pli), van Latyn plicare (vou).[1]
Enkelvoud Meervoud
  plooi     plooie    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  plooitjie     plooitjies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Golwing/rimpeling in dierlike of plantaardig weefsel.
  2. Rimpeling wat ontstaan as materiaal gevou word.
  3. Golwing in 'n aardlaag of in gesteente.

     Voorbeeldsinne

  1. Die ou man se gesig is in plooie getrek.
  2. Sy stryk die plooie uit haar verkreukelde rok.
  3. 'n Monoklien is 'n trapsgewyse plooi in rotslae wat bestaan uit 'n sone met 'n steiler helling in 'n andersins horisontale of sub-horisontale opeenvolging.

     Vertalings

  Vertalings:    plooi
Engels: wrinkle(en), crease(en), fold(en)
Nederlands: plooi(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  plooi 
Verlede Tyd  ek   het geplooi        

  Werkwoord

     Betekenisse

Die handeling van plooie maak.

     Voorbeeldsinne

Nóú raak ons ouer, die jare plooi om ons hoofde, op ons lyf...

     Vertalings

  Vertalings:    plooi
Engels: folding(en), wrinkling(en)
Nederlands: plooien(nl)

  Verwysings


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord plooi plooien 
Verkleinwoord plooitje plooitjes

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ploɪ̭]
    
(lêer)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

Plooi

     Uitdrukkings

«Een plooi gladstrijken.»
'n Haakplek uitstryk.

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van plooien
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van plooien
  3. gebiedende wys van plooien

     Voorbeeldsinne

1.: Ik plooi.
2.: Plooi je?
3.: Plooi!