[1] Bene van die ribbekas.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  rib     ribbe, ribbes    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  ribbetjie     ribbetjies  

  Woordafbreking

rib

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (anatomie) Enige een van die plat, boogvormige bene wat 'n mens of dier se borskas omsluit.
  2. (voeding) 'n Stukkie vleis wat uit een of meer ribbes van 'n dier bestaan en as 'n gereg voorgesit word.

     Voorbeeldsinne

  1. Sy rib was gebreek en hy het in lewensgevaar verkeer. 'n Mens het 12 ribbes.
  2. Ribbetjies kan op verskillende maniere gaargemaak word, bv. gerooster of pangebraai, gesoteer, gesmoor, gebak of oor kole gebraai.

     Vertalings

  Vertalings:    rib
Engels: rib(en), rafter(en)
Nederlands: rib(nl)