Enkelvoud Meervoud
  rog     -  
rog
  1. (plante)   Secale cereale 'n Grassoort uit die familie   Poaceae wat as graan, dekplant of weiding gesaai word.
  2. (voeding) Die graan wat van 1) verkry word.
  1. 'n Goeie stand dekgewas soos rog is dus noodsaaklik vir doeltreffende minimumbewerking in wingerde.[1]
  2. Baie algemene kos en drank bevat rog, insluitend brood , crackers, bier en whisky.[2]
Rogbrood, rogoes, rogakker, rogmeel
  Vertalings:   1. Secale cereale
Engels: rye(en),
Nederlands: rogge(nl) v/m
Enkelvoud Meervoud
  rog     rôe, rogge  
  1. (visse) 'n Kraakbeenvis wat aan die orde   Rajiformes behoort.
  1. Dit blyk dat rôe meer algemeen in die Kleinmondwaters voorkom en meer eiers as die ander haaie lê in die lente.[3]
  Vertalings:   1. Kraakbeenvis
Engels: ray(en),
Nederlands: rog(nl) m

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor rog.