seekoei
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
seekoei | seekoeie |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
seekoeitjie | seekoeitjies |
-
(lêer)
- Heel oorspronklik vanaf Grieks: ἱπποπόταμος hippopotamos, waar hippos "perd" en potamos "rivier" beteken, wat vryelik in die Middeleeue oorvertaal is na "rivierpaard" en daarna as "nijlpaard"[1], en in Duits Nilpferd of Wasserpferd (argaïes) geword het. Die naam "seekoei" was reeds by die Nederlandse volksplanting in Suid-Afrika deel van die Koloniaal-Nederlandse taalskat, soos opgeneem in die Daghregister van Jan van Riebeeck[2] (as zeekoe op 26 Oktober 1652) en die Duitse sjirurg Johann Schreyer se reisverhaal, Neue Ost-Indianische Reisz-Beschreibung (1681). Schreyer beskou die benaming "Seekuh" egter as foutief.[3]
- see•koei
- (soogdiere) 'n Groot, oorwegend plantetende Afrika-soogdier, een van slegs twee bestaande spesies in die familie Hippopotamidae.
- Net die oortjies van die seekoei (net die punt van die ysberg; dis nog niks; dis maar nog net die begin(punt); net die begin van die probleme; 'hef aan' lê nog voor; dien as aanduiding van die probleem.).
Vertalings: seekoei | |||
---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor seekoei.
- ↑ Nederlands etymologiebank.nl s.v. nijlpaard
- ↑ Nederlands etymologiebank.nl s.v. zeekoe
- ↑ Duits bl. 80 Das Wasser-Pferd / welches hier unrecht eine Seekuh genennet wird / ist auch ein sehr groß und schweres Thier...