[1] 'n Stroper.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  stroper     stropers  

  Woordafbreking

stro•per

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Plaaswerktuig waarmee graangewasse (soos koring of mielies) van landerye geoes word.
  2. (misdaad) Persoon wat sonder vergunning wild jag of seelewe ontgin.

     Voorbeeldsinne

  1. 'n Stroper doen al die oeswerk in een beweging: dit sny die graan af, dors (haal die korrels uit die are of die pitte van die stronk of die pitte uit die peule uit) en wan (skei die kaf van die korrels).
  2. 'n Vermeende stroper het in die hof verskyn nadat hy met 'n voertuig vol perlemoen betrap is.

     Vertalings

  Vertalings:   Plaaswerktuig
Engels: combine harvester(en)
Nederlands: maaidorser(nl), maaidorsmachine(nl)
  Vertalings:   Misdadiger
Engels: poacher(en)
Nederlands: stroper(nl)


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord stroper m stropers 
Verkleinwoord stropertje stropertjes

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈstro.pər]
    
(lêer)

  Woordafbreking

stro•per

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(misdaad) Wilddief

     Voorbeeldsinne

«Waarom wordt [de] handel in hoorn van levende neushoorns niet toegestaan om [het] monopolie [van de] stropers te breken?[1]»
Waarom word handel in die horing van lewende renosters nie toegestaan om die wilddiewe se monopolie te breek nie?

  Verwysings