Die teuels of leisels van 'n ryperd

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  teuel     teuels    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  teueltjie     teueltjies  

  Woordafbreking

teu•el

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Die lang riem van 'n toom waarmee 'n perd, muil of donkie gestuur, aangeja of ingehou word.
  2. (figuurlik) 'n Kontrole wanneer iemand in beheer van sake is, of beheer afstaan en sake hul loop laat neem.

     Voorbeeldsinne

Die onwettige ruiters gebruik tuisgemaakte teuels en kettings wat diep snye in die diere se mondhoeke veroorsaak.
Die teuels word laat skiet.
Daar word vrye teuels gegee aan hulle verbeelding.

     Sinonieme

  1. leiriem, leisel, stuurriem, toom, toomriem
  2. kontrole

     Afgeleide woorde

teuelhand (d.i. linkerhand), teuelloos (d.i. ongebreideld, bandeloos, buitensporig)

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: rein(en) bridle(en) restraint(en)