'n Menslike vel.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  vel     velle    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  velletjie     velletjies  

  Uitspraak

    
(lêer)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (biologie) 'n Uitwendige orgaan wat die grootste deel van 'n dier se liggaam bedek
  2. Wat iets soos 1) bedek

     Voorbeeldsinne

  1. Die Eucerin AtoControl reeks bied verligting vir kinders se droë velletjies en restoreer die vel se sperfunksie wat verhoed dat ekseem weer opvlam.[1]
  2. Druk wors uit velletjie uit en meng alles saam.[2]

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: skin(en)
Nederlands: huid(nl) v/m, vel(nl) o
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  vel 
Verlede Tyd  ek   het gevel    
Teenwoordige deelwoord vellend     

  Werkwoord

  1. (kousatief) Doen val, omhak
  2. Iets besluit en dit aankondig

     Voorbeeldsinne

  1. Gevelde bome word op die bosvloer laat verrot of verbrand, wat meer emissies tot gevolg het.[3]
  2. Moenie oor iemand se optrede 'n oordeel vel voordat jy al die feite gesien of gehoor het nie.[4]

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor vel.

  Verwysings